Standaardtemperatuur en -druk

In die chemiese tegnologie stel die term, standaardtemperatuur en -druk (afkorting STD), of standaardkondisies, die verwysingstemperatuur van 0 °C (273.15 K) en die verwysingsdruk van 1 atmosfeer (gedefinieer as 101.325 kPa). Hierdie waardes benader die vriespunt van water en die atmosferiese druk by seevlak.

Let wel dat maatskappye wat natuurlike gas in Europa en Suid-Amerika verkoop, 'n verwysingstemperatuur van 59 °F (15 °C) gebruik i.p.v. 0 °C.

Dit is dus daarom baie belangrik om, wanneer met standard-/normaalkondisies gewerk word, presies uit te vind wat die verwysingsdruk en -temperatuur is.

Tipies word daar gewerk met die volgende[1]:

  • Standaardkondisies (STP): 0 °C (273.15 K) en 101.325 kPa (1 atmosfeer)
  • Normaalkondisies (NTP): 20 °C (293.15 K) (ongeveer kamertemperatuur) en 101.325 kPa (1 atmosfeer)

Dit mag misleidend wees, want indien mens volumevloeitempo normaliseer dan word dit bereken by standaardkondisies, nie normaalkondisies nie.

Standaardkondisies vir Imperiale eenhede is die volgende: 60°F (60+459.67 = 519.67°R of 15.556°C) en 14.7 pvd (pond per vierkante duim) (1 atmosfeer)

  1. STP - Standard Temperature and Pressure & NTP - Normal Temperature and Pressure

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne